• Eastern Cape Rising Sun

Laerskool Nahoon praat op tegnologie en lees

Vrae:

1. Hou jy daarvan om te lees en wat lees jy?

2. Koop jy of jou ouers boeke om te lees?

3. Sal jy daarvan hou om ‘n boek te kry as ‘n geskenk?

4. In watter taal lees jy?

5. Hoe voel jy oor tegnologie soos selfone, tablette en ipads?

6. Het jy al gehoor van die Rising Sun koerant en wat sal jy graag

meer oor wil lees in die koerant?

7. Is daar nog enige iets wat jy wil sê oor lees of oor tegnologie?



Johann Blom, graad 4






1. Ja ek lees boeke

2. My ouers koop boeke

3. Ja

4. Engels

5. Daar is niks fout daarmee nie.

6. Ek wil “comics” lees in die koerant

7. Nee.




Junior Mthyobile, graad 5






1. Ek lees boeke

2. Ek en my ouers

3. Ja ek sal

4. Engels

5. Dit is cool

6. Ek wil meer lees oor sport

7. Nee.




Liechen van Tonder, graad 5




1. Ja ek lees boeke. Ek hou van “Dork Diaries”

2. Ek koop self boeke.

3. Ja

4. Engels

5. Ek gebruik dit om met my vriende te kommunikeer en hulle te help

6. Ja, sport

7. Kinders moet meer lees. Dit help met spelling.




Arno Vermaak, graad 5




1. Ja ek lees boeke. Ek hou van “Diary of a Wimpy Kid”

2. Ja ons koop boeke

3. Ja

4. Afrikaans

5. Ek gebruik dit net vir WhatsApp

6. Ja ek het al van die koerant gehoor, ek sal graag meer wil lees oor sport.

7. Nee.




Olivia Joost, graad 2


1. Ja ek lees boeke. My gunsteling boek is “The Tortoise and the Hare”

2. My ouers koop vir my boeke. Ek het ‘n hele kas vol.

3. Ja. 4. Engels

5. Ek hou meer van fone en tablette as van boeke maar dit is sleg as jy te veel speel.

6. Ja, ek wil meer lees oor sport veral Netbal. 7. Lees is goed vir jou want dit maak jou slim. Tablette en fone is sleg vir jou oë.





Lana Swanepoel, graad 2




1. Ja, boeke veral Lana en Rokker boeke

2. Meestal koop ons die boeke

3. Ja

4. Engels of Afrikaans

5. Dis cool

6. Nee ek het nog nie van die koerant gehoor nie. Ek sal daarvan hou om “comics” of nuus te lees.

7. Ek hou van coding.




Annette Grobbelaar, graad 4



1. Ja, ek hou daarvan om te lees en ek lees boeke.

2. My ouers koop boeke.

3. Ja. 4. Engels en Afrikaans

5. Ek hou daarvan want jy kan met mense kommunikeer

6. Nee ek het nog nie van die koerant gehoor nie, ek sal daarvan hou om oor kultuur te lees.

7. Nee.





Mindi van Zyl, graad 7

1. Ja, ek lees graag boeke. Ek hou van “Sci-Fi” boeke soos “The Divergent”

2. Meestal leen ek boeke

3. Ja, as dit ‘n goeie boek is.

4. Meestal Engels

5. Ek dink dit is ‘n goeie ding want jy kan met mense van oor die hele wereld in kontak wees, maar ek dink ook dit kan verslawend wees. Ek gebruik my foon vir WhatsApps.

6. Nee, ek sal graag meer oor “celebrities” wil lees.

7. Lees is baie goed vir mens.




Isabella Odendaal, graad 7

1. Ek hou verskriklik baie van lees. Ek lees alles. Ek hou van die National Geographic Kids tydskrif en ek hou baie van boeke soos “Harry Potter” en “The Hunger Games”.

2. Ja ek en my ouers koop boeke en ons leen boeke by vriende.

3. Ja! 4. Engels en partykeer Afrikaans

5. Ja dit is goed want ek dink nie ons generasie kan daarsonder klaar kom nie. 6. Nee ek het nog nie van die koerant gehoor nie, ek sal graag nuus wil lees soos van moorde.

7. Lees is baie goed vir mens. Dit brei jou algemene kennis uit en dit maak jou slimmer.


Lienka Evans, graad 7


1. Ja, ek lees graag boeke. Ek hou van “The Hunger Games”

2. Ja ons koop boeke of leen boeke by vriende. 3. Nee, nie eintlik nie. 4. Engels

5. Ek dink dis ‘n goeie ding maar dit kan ook gevaarlik wees. Ons WhatsApp baie vir mekaar en help mekaar met huiswerk. Ek lees partykeer News24 op my foon.

6. Nee, ek sal daarvan hou om resensies oor flieks en boeke te lees

7. Lees is baie opvoedkundig.




Liani Moolman, graad 2




1. Ja ek lees boeke, veral boeke oor perde

2. Ek koop my boeke

3. Ja

4. Afrikaans

5. Ek dink dit is ‘n slegte ding

6. Nee ek het nog nie van die koerant gehoor nie maar ek sal graag wil lees oor sport.

7. Nee

23 views

Explore

Help

Socials

Newsletter

99 Western Avenue, Vincent

East London, Eastern Cape

Tel: 043 050 5250

061 404 1657

Get all the latest news and updates from Eastern Cape Rising Sun.

©2019 Eastern Cape Rising Sun. Designed and developed by Media 101 | Eleven24 Design